digiTAAL - die internet in afrikaans

Gedurende 1999/2000 het ons 'n webwerf digiTAAL.co.za gehad. Dit het eintlik as eSoek begin. eSoek was 'n AFRIKAANSE soek-enjin en het Afrikaanse webwerwe gelys. Baie soos 'n GeelBladsye vir Afrikaanse webwerwe.

digiTAAL.co.za was die eerste waarlike AFRIKAANSE portaal. Lank voor Facebook, Pinterest en al die ander. Mens kon hier resepte kry, grappe lees, die lotto-resultate via sms kry, raat vra oor seks babas en wat ookal, lees oor die nuutste flieks, gesels met vriende, jy't 'n gratis e-pos adres gekry (bv. myne@posbus.co.za), kon privaat advertensies plaas, kon sms'e stuur, en so aan en so aan en so aan.

Maar digiTAAL.co.za het toe ophou bestaan omdat ek net nie tyd gehad het daarvoor nie - ek moes al die programering self doen en dit was aan die begin van die Internet-boom. digiTAAL.co.za was daar aan die begin van die Internet en die tyd is nou weer reg vir so iets. In Afrikaans. Ek wonder egter: is daar plek vir 'n AFRIKAANSE portaal ten spyte van webwerwe soos Facebook, Pinterest en ander? As jy wil he^ digiTAAL.co.za moet weer lewe kry en indien jy definitief daar sal registreer as lid, stuur my asseblief 'n e-pos, tweet dit, deel dit op Facebook, sms jou familie, e-pos almal wat jy ken, plaas 'n advertensie in jou plaaslike koerant, tweet celebrities soos ou Steve en al die ander en ek onderneem om weer LEWE in digiTAAL.co.za te blaas!

Wat kan ek verwag van die NUWE DIGITAAL?
GRATIS e-pos adres (bv. jounaam-at-posbus.co.za)
Webmail (http://webmail.posbus.co.za)
Blog
Elektroniese Nuusbrief
Vriende
Gesprekke
Groepe
Muur
Aktiwiteitstroom
Profiel
Inboks vir e-pos
Privaat boodskappe
Jou foto
Videos
SMS'e
Fotos
en so aan, en so aan, en so aan

Ek's op Twitter: myINKpot

Kontak my indien jy belangstel: kontak@digitaal.co.za